Posts made in March, 2015

Huldeblyk aan die Westdene Busramp

Deur H H Thiart Die eerste kwartaal is reeds verby, nou gaan ons weer ‘n blaaskans kry. Al die kinders is opgewek dis op almal se lippe, in elke gesprek. Volgende week sal die skole sluit, van skoolwerk dan geen duit.   Woensdag, sewe-en-twintig Maart afgemerk op menig kaart. Op hierdie dag het iets gebeur die dag wat die korrels van die kaf sou skeur. Die dag met hartseer en smart die hele...

read more

Westdene-busramp: ’n Mens kan nooit weer dieselfde wees nie, sê prof. Nelus Niemandt

Netwerk24 gesels met prof. Nelus Niemandt (58), moderator van die NG Kerk, oor sy ervaring toe hy as 28-jarige predikant saam met ouers deur die Hillbrow-lykshuis gestap het om tussen die lyke hul kinders wat in die Westdene-busramp dood is, uit te ken. Hy beskryf 27 Maart 1985 as die mees traumatiese ervaring wat hy nog gehad het. Lees dit hier....

read more

Lesers herleef Westdene-busramp: “Ek onthou die bloedstollende gil”

Dertig jaar gelede het die Westdene-dam in Johannesburg 42 kinders se ‘watergraf’ geword nadat ‘n bus in die dam gery het. Netwerk24-lesers herleef die dag en deel hulle gedagtes op Facebook. Lees dit hier.  

read more

Die Westdene-busramp: 30 jaar later

30 Jaar later onthou Netwerk24.com hoe daar oor die Westdene Bus Ramp berig is. Lees dit hier.  

read more

Elmien Wood (nee Bellingan) onthou

Boodskap van Elmien Wood (nee Bellingan). Elmien se broer Anton Bellingan het die bus ramp oorleef. 30 jaar voel soos ‘n  druppel in die emmer. Wie sou kon dink dat op daardie Woensdag in 1985 so baie mense se lewens vir altyd verander sou word. “Totsiens sien jou vanmiddag” is seker in baie huise gehoor maar die weersiens was nooit daar nie. Ek was besig om netbal te oefen by...

read more