As jou siel skeur

As jou siel skeur

deur Trix Tromp, vir Connie van der Westhuizen

29 Jaar gelede op 27 Maart om en by half 3 die middag; was ek ‘n 1ste jaar verpleegster by JG Strijdom hospitaal. Ek was net reg om agter die gordyne in te glip om ‘n verband te vervang in saal 21. ‘N ander student het die kamer ingestorm en na die venster, wat oor die dam uitkyk, toe gehardloop…. “Die bus is in die water! Die bus is in die water!” Met jellie bene het ek nader gegaan om net die hoek van die bus uit die water te sien steek …. ek het dadelik geweet my broer is dood… dit was of iemand my wind uitgeslaan het…. hier onder op die krop van my maag… Daardie arme pasient se verband is nooit vervang nie…

Die maalkolk van die ramp het my ingesluk. Ek het onwettiglik uit die saal huistoe gebel…. my ma was baie ontsteld want sy het toe nog niks geweet nie…. en nee boeta was nog nie tuis nie.

Ek het net geloop ….weg uit die saal die hele ent dam toe….waar die serenes en ambulanse en “squad cars” van die polisie reeds in sarsies opgedaag het. Oral was geskokte mense en skoolkinders….. daar was pandemonium op die brug… waar jy kyk was reddingswerkers besig om te resus…. en reeds baie kinders toegegooi onder grys komberse. Ek het juf Bishoff raakgeloop…. ons het gesels, ek was steeds in uniform en met sameloop van omstandighede het ek en sy ‘n polisieman gekry wat ons na die Joburg Gen geneem het , sodat ons moontlik ‘n lys van oorledenes/oorlewendes kon kry…. ek het nooit vir hom dankie gese nie….

Ambulans na ambulans het langs mekaar gestaan by die Gen. Liggame opgestapel…. die bakwerke het gehang en water het uit die ambulanse gestroom…. daar was net een oorlewende in uiters kritieke toestand in volle resus in die icu… ek dink dit was Conrad Marx…. omtrent 3-5 dr’s het aan hom gewerk… ons vertrek toe aangesien ons geen verdere inligting kon kry nie…

Ek kan nie onthou hoe ek by die staatslykshuis uitgekom het nie…. my uniform het daardie dag baie deure oopgemaak – dalk moes ek nie daardeur gestap het nie…. maar ek het my broer gesoek en sou soek tot ek hom kry. Ry op ry kinders het op draagbare gele. Toegegooi onder wit lakens. Die reuk in die vertrek was damwater en rou, beendiep hartseer. Ek het van die gesiggies geken, dit was soos om deur dik swaar modder te loop….jy sit een voet voor die ander. Ek het net daar gebly, vasgevang in die totale onwerklikheid van wat ek om my gesien, geruik en gevoel het. Die laaste liggaam was my boetie sin…. ek het soos ‘n besetene geskree en wou hom wegvat van al die starende geskokte mense. Ek wou hom optel en wou die mense wat my gekeer het verwoes….

rou is privaat… dit skeur jou siel, jy gil en skreeu sonder dat jy kan keer….jou lyf en verstand werk apart en dis nie mooi nie….

dis nie iets wat jy met vreemde mense deel nie…..

dis privaat – mens moet alleen wees….

jy moet die oerskreeu vanuit jou siel tot God kan verklank…. jy moet dit kan verwoord in rou snikke wat jou bors skeur en jou siel laat bloei…..

jy moet die liggaam kan vashou en mense moet jou kan uitlos…..

sodat die proses van rou emosionele wroeging uit jou gees en siel kan tap….

al huil jy tot jy nie meer kan nie…..

al skreeu jy tot jou stem weg is….. dis die laaste kontak….

die laaste aanraking….

die laaste vashou aan lewe wat was…

Dis 29 jaar…. en die lewe gaan voort… ek het die voorreg van 2 pragtige seuns…. soms sien ek my broer in hulle oe, hoor ek sy lag in hul stemme…. en ek weet daar is ‘n glimmer van hom nog hier…..maar soms op nat reendae met grou wolke mis ek hom ontsaglik…. is die kol waar my hart moet wees hol….en dan wonder ek en hoop ek dat vrede eendag sal kom….

Vrede en rus vir almal van julle wat deel is van hierdie stuk onromantiese geskiedenis: Die Westdene Busramp van 1985. Sela

Please share this...Email this to someonePrint this pageTweet about this on TwitterShare on Facebook

27 Comments

  1. Ek was ‘n Maatskaplike Werker by die Johannesburg Hospitaal wat ouers by die lykshuis moes help om hulle kinders onder die lakens uit te ken. Ek kan onthou dat die ouers aanvanklik net eers buite moes wag sodat die kinders met brandweerslange skoon gespuit kon word om die uitkenningsproses te vergemaklik. Die kinderlyfies het die hele lykshuis vol gele – mens moes versigtig met jou voete skuifel om tussendeur te kon deurstap. Dáár het ouers gebreek………. Daar was ‘n Pappa wat sy seun se nuwe rugbytogs saam gebring het wat hy daardie middag vir hom gekoop het, omdat hy vir Vorentoe Hoërskool se eerste rugbyspan gekies was…….. Toe ek die volgende oggend by die huis kom het ek dadelik aan my twee meisiekinders gaan vat om te voel hoe voel warm lyfies………

  2. Ek was jong onderwysers by DF Malan – op daardie tydstip die “aardsvyand” op die sportveld van Vorentoe… Maar op daardie dag, is alle verskille stilgemaak – die pyn en verskrikking was onmeetbaar! ‘n Paar jaar later het Lucas Schuman by ons begin skoolhou en hy het vertel van die traumatiese ondevindinge soos hy kinders uit die dam probeer red het – hy het reg agter die bus gery… Soos baie vooraf gese het – hierdie was ‘n ramp wat die hele land geruk het – en my woorde is so verskriklik min vanaand aan almal wat geliefde kinders daardie dag afgestaan het…

  3. Angeleque Brink ( Hawthorn)

    Ek onthou nog ons buurvrou se skok toe sy my ma se die bus is in die dam, hoe het ek en die seun oorkant die straat gery en al ons vriende wat bus ry gaan soek het ek het self op skool die bus gery tot vandag bid ek vir die families wat geliefdes in die ramp verloor het.

  4. Ek was 12 jaar oud toe die insident gebeur het.. hoe ek dit onthou is…. as kind wou ek altyd n brandweerman geword het… ek het die koerant uitknipsels destyds versamel…. my hero’s was brandweermanne…. vandag is ek een en daarom tik ek die Lee Woorde… ons het een aand respond na ‘n ongeluk en daar het ‘n man dood op die teerpad gele… Minute later was sy gesin daar… sy dogtertjie se woorde het so impak op my gemaak toe sy skreeu… DADDY PLEASE DONT GO…. I NEED YOU SO…. Ek het die volgende oggend tuis gekom my kitaar gevat en n liedjie vir haar geskryf…. I CAN STILL SEE YOU CRYING IN THE RAIN… AS IT WASH AWAY THE PAIN… LEFT TEARS IN YOUR EYES…. AS HE LAY THERE ON THE FLOOR… I CALL IT HIGHWAY TO HEAVEN… AND I KNOW… YOU STILL WONDER WHY… CAUSE I STILL HEAR YOU CRYING IN THE RAIN…. DADDY PLEASE DONT GO… DADDY I NEED YOU SO… DADDY PLEASE DONT GO…. So wat ek eintlik wou tik was…. Die hartseer van Westdene sal altyd memories bring en die wat daardeur geraak was sal die letsels dra soos n permanente tattoo… vir my as kind bly dit steeds ‘n memory iewers weg gesluit in een van die kamers van my hart.

  5. Ai mens. My Suster het ook by JG gewerk. Ken daai sale en daai uniform. Curanie in sy dae. Ek het in daai lift vasgesit een jaar na ek my suster moes help trek en ek onthou die berigte van die tragiese dag nog jare na dit gebeur het. Tot en met vandag sal almal wat oor daai brug ry nog kil links oor die water kyk… Daai water wat soveel siele huisves. Die Goeie Vader het sy redes… Here weet 99% van die tyd maak dit nie sin nie want die seer laat dit nie toe nie. Tussen deur die vlak maar goed bedoelende woorde van mense moet mens vrede vind. Eintlik verregaande. Ek bid vir jou. Ek ken jou nie en sal jou seker nooit ontmoet nie maar ek bid vir jou. Sela

  6. My beste vriendin ‘n meisie met sulke wollerige hare redelik mollig haar van was Kruger… was baie goeie maaitjies.. ek het langs haar gesit en net afgeklim n rukkie voor daai ongeluk gebeur het… dink nog elke dag aan haar en mis haar verskriklik… Maar hul in die arms van onse vader Yehushua shalom alheim

  7. Sarah van Gass ( Barker )

    Dit was n skok dag nie net deur johannesburg nie maar deur die hele land. My broer Koos Pretorius het die kinders 1 vir 1 uit daai bus gehaal. Dit laat vandag nog letsels in sy lewe. Hy het ook die kinders wat voor die in die reen sloot gespoel het die 7 kinders +al die Schoeman kinders van 1 gesin uit die Coloelies dam gehaal na hulle verdrink het in die reen sloot. Ek was die kind wie se bal in die manhole gegaan het.

  8. Vreeslike hartseer stuk, my gebede gaan aan almal wat betrokke was en iemand verloor het. Ek is baie dankbaar dat God my mamma daai dag gespaar het en dat ek vandag hier kan wees. My ma het nog soveel seer van daai dag, maar om ‘n “survivor” te wees en my ma te wees maak die seer bietjie makliker.

  9. GordonnCalmeyer

    I was there I don’t know how or why on my way from a meeting at the church as I walked around praying for people in utmost distress as their children were brought up from the depth, I visited many of the families for about 6 months, 2 years ago I met one of them again zoom Hendrik who lost his only child, I visited Westpark with him and saw the graves of all those children, we became good friends – it was a terrible day full of pain and tears – but we thank God that somehow in it all people made peace

  10. Ek onthou daardie dag. Soveel van die ouers het in ‘n woonstelblok gebly en hulle het soveel kinders verloor. Die pyn en verlange sal altyd daar wees. Noudat ek my dogter verloor het, weet ek eers regtig waardeur jul gegaan het!

  11. Ek is wel net n paar maande oud gewees toe die vreeslike ramp plaas gevind het, ek onthou as n klein dogtertjie het ek altyd hiervan gehoor en so was ek baie geintereseerd in die ramp en wou net meer weet. My ouers wou my nooit vertel nie want dis tog nie iets wat n klein kind van nodig het om te weet nie maar ek het uitgevind en ek het gelees, gekyk, geluister en myself probeer in soveel se skoene sit, vandag as n ma van 2 kan ek my nie in dink waardeur al die families moet gaan tot vandag toe nie. Ek het my boetie verloor in n motorfiets ongeluk en dit was vir my erg genoeg ek kan nie hoe jul mensies moet voel nie.

    Ja troos julself eendag sal jul weer saam wees (al wil mens dit nie eintlik hoor nie)

    Jul almal is in my gedagtes vandag en vorentoe.

  12. Ek het ook n familie lid verloor daai dag en sal dit vir altyd onthou

  13. Trixie de Beer

    Ek het daardie nag nag diens gewerk in J G Strijdom Hospitaal ek het deur die venster in die donkerte oor die dam gekyk en net gebid en gebid

  14. Johanna Geertsema

    My hart gaan nog steeds uit na alle naasbestaandes. Dit was ‘n ongelooflike ramp. Die skoolskoene wat onder komberse uitsteek sal lewenslank by my bly.

  15. Ek onthou dit soos gister , daardie gesig bd ambulanse en sitenes en morning sickness Sal my altyd by bly Trix n vet drum vir jou

  16. J P van Tonder

    1985 – Ek was in Gr. 1 en ons bure se dogter was in Hoërskool Vorentoe, dieselfde Hoërskool wat ek 7 jaar later sou bywoon. Ek onthou nog die middag omstreeks 4 uur toe Esme ons deurklokkie lui, die nuus van die busramp meedeel en snikkend my Ma kom vertel dat van haar vriende in dieselfde Standerd op daardie bus was. As ‘n 7 jaar oue kind verstaan jy nie die impak van so iets nie, totdat jy die hartroerende verhale lees wat hier gedeel word.

    Die gedenkdag by Vorentoe was ook jaarliks gehou, en met familie wat begrawe is in die Wespark Begraafplaas het ons vele male verby die gedenk area gery waar al die kinders te ruste gele is.

    Mag almal wat daardie dag iemand verloor het berusting vind.

  17. Ek was nou wel nie betrokke nie, maar sal dit ook altyd onthou. Ons was almal geskok oor die gebeurtenis, want dis iets wat nie moes gebeur het nie. So baie onskuldige kinders en die smart van almal was vreeslik. Dis lank terug soos jy se maar mens vergeet nie, hoop maar net al die geliefdes het vrede gevind. God Bless 😉

  18. Natalie Scheepers Van Der Slik

    Ek was maar n kleindogtertjie gewees – 5 jaar oud, maar onthou die klank van die ambulanse en sirene so asof dit gister was. Conrad Marx was my Oom – dankie vir jul mooi woorde van hom. Dit was vir my Ouma en familie n geweldige dag. Die tweeling het langs hulle gebly. Mag ons Vader die leemte en hartseer met SY liefde vul.

  19. My pa was vir ‘n baie lang tyd die busbestuurder van daai roete. Ek dink ongeveer 3maande voor die ramp het hulle sy skof verander. Hy was baie ongekrap want hy het die kinders se geselsies geniet. Hy was ontroosbaar oor hulle en het net bly se dit sou nie gebeur het as hulle hom nie van die roete afgehaal het nie.

  20. Ek en Connie was vir ‘n kort tydjie bevriend in 1983. My ouers het dit goedgedink om in Augustus daardie jaar van Triomf na Alberton te verhuis. Ek sal nooit vergeet hoe Connie en ek gehuil het toe ons in die Wiskunde klas, by Mnr. Apie Burger, finaal gegroet het nie.

    Hendrik Dreyer was ook in ons klas.

    Hierdie dag bly vir my ‘n baie teer saak, deels omdat ek nie kan help om te wonder wat sou gebeur het, as ons nie uit Triomf weggetrek het nie.

    Groete

    • Hallo JP. Die dag sal by ons almal bly tot die einde van ons dae. Hou dit heimlik iewers stilletjies in jou hart, so ook ons liewe maats wat oorlede is daardie dag. Glo en vertrou dat alles gebeur het soos dit moes. Hulle sal vir altyd n deel wees van ons. Connie was baie spesiaal, ek was in Std 8 daardie jaar en hy het n besonderse indruk op my gemaak ook 🙂 soveel selfvertroue en so n ekstrowert en omgee-mensie gewees. Hy sou beslis ver gekom het in die lewe en nog veel meer mense se lewens verryk het as net ek en jy. Sal hom altyd met deernis onthou.

      • My beste maaitjie Thelma Rautenbach is daai dag in die busramp oorlede. Onthou dit nog soos gister…. Dit bly maar hartseer.

  21. Henning Potgieter

    Dis 29 jaar gelede ek het gedog ek vestaan ek het amper 24 jaar geword sou weer op n weermag trip die einde van Maart gaan my seun is net gebore in November 1984,ek was so trots.Toe het die ondenkbare gebeur die busramp.Ek het geweet ek gaan vlieg binnekort weg Angola binne.Ek onthou die Bothas oorkant my ma se huis in TUCKERSTR ,ek het met oom Lieb gepraat het die trane gesien en gesien hulle siele het in twee geskeur,ek wou net weg kom maar diep in my hart het ek gesmeek want ek sou die onbekende sien dood verminkte mense.Ek het dit gemaak 28 jaar later toe het ek eers werklik vestaan toe my seun vermoor is,die pyn,die verlange.Die voortgaan,die wereld dwing jou om aan tegaan daar sal nooit closure hier wees ek sleep net voort sal nooit vestaan maar God pluk sy blomme vroeg.Die troos is ons sal mekaar weer sien bo die wolke sonder pyn.Nou verstaan ek die pyn wat niemand ken tot dit met jou kind gebeur.

  22. Ek sit met hoendervleis en probeer, maar kan nie myself indink hoe verskriklik dit vir jou moes wees nie Trix. Sterkte en soos jy hoop,glo en vertrou, dat daar vrede vir jou kan wees.

  23. Ek was n’seun van 14 jaar oud standerd 7 (Hannes Beetge). My broer standerd 6 (Gerhardus). My niggie, van Tonder ook st 7. Almal in Hoerskool Vorentoe. Dit het soos n’ groot storie geklink. My ouers het soos besetenes gebel om te hoor of ek en my broer tuis was. Gelukkig het ons nie op daardie bus gery nie. My niggie was nie so gelukkig nie. Ek kan nie glo dis al 29 jaar gelede nie. En dat die hartseer en herhineringe nog soos gister voel nie. Die dame voel soos famielie al ken ek haar van geen kant. Dankie vir die deel van jou verhaal. Dit laat mens net weer die vorreg van LEWE van vooraf wardeer. Groete oud Vorie.

    • Annelien Pieterse

      Ek was in standerd vyf. Vorentoe was my volgende skool. My vriendin se broer sou daardie bus gery het na sy vriend se huis toe en het op die laaste sekonde besluit hy loop. Wat i verligting, maar vir die volgende 5 jaar het ons dit herleef deur die herdenking by die skool. Sterkte aan almal wat deel het in die tragedie.

      • I was a young mother when this tragedy happened. I remember hearing the news, on the radio and looking at my baby and saying a prayer for all those children and their families. There is a monument at Westpark Cemetary with their names on at the main entrance. Such a tragedy that the nation mourned with all the families.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *