Dedications

Huldeblyk aan die Westdene Busramp

Deur H H Thiart Die eerste kwartaal is reeds verby, nou gaan ons weer ‘n blaaskans kry. Al die kinders is opgewek dis op almal se lippe, in elke gesprek. Volgende week sal die skole sluit, van skoolwerk dan geen duit.   Woensdag, sewe-en-twintig Maart afgemerk op menig kaart. Op hierdie dag het iets gebeur die dag wat die korrels van die kaf sou skeur. Die dag met hartseer en smart die hele...

read more

Elmien Wood (nee Bellingan) onthou

Boodskap van Elmien Wood (nee Bellingan). Elmien se broer Anton Bellingan het die bus ramp oorleef. 30 jaar voel soos ‘n  druppel in die emmer. Wie sou kon dink dat op daardie Woensdag in 1985 so baie mense se lewens vir altyd verander sou word. “Totsiens sien jou vanmiddag” is seker in baie huise gehoor maar die weersiens was nooit daar nie. Ek was besig om netbal te oefen by...

read more

Ons sien jou in die aandstons

Ons sien jou in die aandstons

Deur Chantal Steyn (nee Viljoen) aan haar vriendin Adriana Horn Om te dink dit is al so lank gelede En jy is nog steeds in ons gebede Die mooiste glimlag wat daar was Is alles nog in ons geheue vas Vir Chantal was dit haar beste vriendin Om hul te skei was baie min By die skool en naweke was hulle atyd saam En het altyd planne beraam En toe op daardie treurige dag Weg is die pratery en tesamende...

read more

In Herdenking aan my Suster

In Herdenking aan my Suster

Maritza van Niekerk aan: Adré Kleinhans 10.03.1968 – 27.03.1985 Van My Aan Jou Ek was maar 3 jaar oud en jy pas 17, net 17 dae voor die vreeslike dag. Jou hele lewe wat voorle soos ‘n leë dagboek wat jy elke dag in skryf. Jy het my lief gehad soos ‘n ma en het alles vir my gedoen. Ek onthou hoe jy my geleer het om borrels in my waslap tydens bad tyd te blaas. Familie praat van jou...

read more

Paastyd – Hoërskool Vorentoe

Paastyd – Hoërskool Vorentoe

Boodskap van Lucas C Viljoen, voormalige Hoof, Vorentoe Hoërskool, Apr 1987 tot Des 2004 Welaan Vriende, Op Saterdag 28 Maart word die 30e huldigingsdiens gehou vir die 42 kinders wat in die ramp omgekom het. Ek het eers 2 jaar na die ramp by Vorentoe begin.  Die emosies was toe nog rou.  Sitplekke is in die klaskamers oopgehou , want dit was of Riaan s’n, André s’n, of Reinette...

read more

‘n Kosbare Kosmosdag

‘n Kosbare Kosmosdag

Deur Brenda Van Dyk Vorentoe. Hierdie mooi woord met soveel verskillende betekenisse rol soms moeiteloos en maklik, en met mooiste mooi herinneringe oor ons tonge, maar dit hak ook soms soos onwelkome knapsekêrels vas aan ons almal hier teenwoordig se gedagtes. Gedagtes  wat flits deur die 80’s. Dit was die jare van groot hare, groot skouerkussings en Jennifer Rush se musiek het rekords...

read more