In Herdenking aan my Suster

In Herdenking aan my Suster

Maritza van Niekerk aan: Adré Kleinhans 10.03.1968 – 27.03.1985

Van My Aan Jou

Ek was maar 3 jaar oud en jy pas 17, net 17 dae voor die vreeslike dag. Jou hele lewe wat voorle soos ‘n leë dagboek wat jy elke dag in skryf.

Jy het my lief gehad soos ‘n ma en het alles vir my gedoen. Ek onthou hoe jy my geleer het om borrels in my waslap tydens bad tyd te blaas.

Familie praat van jou met ‘n glimlag op hul mond, maar daai hartseer verlange in hulle oë. Ek het elke dag wat ek ouer word meer en meer na jou begin lyk, en kon sien dit is moeilik vir die familie. Ek sien as ons oor jou praat, die kyk, die kyk van jammerte. Jammerte vir my dat ek jou nie kon ken nie. Maar ek wil he almal moet weet. Moet my nie jammer kry nie, want ek weet jy was ontsaglik lief vir my. Die pure skoon liefde van ‘n suster vir haar baba sussie. Jy het liefde betoon aan almal en het jou beskermende hand oor jou geliefdes gehou.

Daar is geen woorde of dade wat kan reg maak wat gebeur het op daai dag so lank gelede nie. Jy en soveel ander is so onverwags en skielik van ons af weg gevat. Daar is ‘n leemte wat altyd daar sal bly in elkeen wat die geluk gehaat het om jou te kon ken.

In my voel die leemte nog groter en dieper as wat ek kan beskryf, veral omdat ek jou nie geken het nie. Maar ek voel ryker en ek kan glimlag as ek aan jou dink sonder die hartseer oor daai dag 30 jaar gelede omdat ek iets van jou onthou, ‘n foto in my gedagtes waar jy altyd perfek sal wees. Ek was dalk te klein om veel te onthou maar dit wat ek het koester ek altyd. Jou liefde vul my steeds.

Jy was my “Moeder Teresa” en het presies geweet hoe ek my hare wil gewas hê, hoe my oggend ete moet gemaak word of hoe om my gunsteling storie te lees.

Jy was my engel op aarde vir die kort tydjie wat jy my geken het. Ek weet dat elkeen wat die voorreg gehaat het om jou in hulle lewe te hê sal jou nooit vergeet nie, en dus is vandag 30 jaar na jy weg geneem is van ons ‘n tyd om jou te onthou vir wie en wat jy was. ‘n Ware engel op aarde.

“The hardest part of a sudden death is not having the opportunity to say goodbye.”

Totsiens my liewe suster.

 

Please share this...Email this to someonePrint this pageTweet about this on TwitterShare on Facebook

2 Comments

  1. Dit is nog soos dag lig vir want ek het ook nog skool gegaan. Wees sterk en laat julle harte sterk wees. Ons God ken elkeen se hart. Want ek het my Mamma n paar maande gelede verloor. Maar soos ek se ons sal dit nooit vergeet nie maar dit word beter soos die dae aangaan. It is very hard to be strong in a moments of weakness. Mag God stilte in julle harte bring.

  2. pierre Van Jaarsveld

    Wow nig baie mooi geskryf

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *