Onthou

Onthou

Hierdie gedig is geskryf deur Eurika (de Koker) du Plessis. Eurika is deur haar broer, Theo de Koker, van verdrinking gered. Theo het die Wolraad Woltemade toekenning ontvang as erkenning van sy heldedaad.

Onthou

Hoe beskryf ek die pyn,
wat nooit uit my hart verdwyn,
net ‘n blote gedagte,
bring die helse vrees…
en slapelose nagte,

Hoe kan mens vergeet
dit wat jy verseker weet,
‘n maat het gesterf,
ek het lewe geerf.

God se genade,
het my lewe gered
my hulpelose krete,
geskree in gebed !

Hoe beskryf jy die smart
wat so diep le in jou hart,
jou jeugdige jare, diep saam
jou vriende begrawe.

Jy sien hul gesigte,
vir altyd, verewig op papier,
maar in my gedagte
sien ek hul vol lewe,
in hul laaste uur.

Die tyd raak al langer,
van toe af tot nou,
maar die pyn en verlange
nog seer en rou…

Tyd gaan verby,
die lewe gaan voort,
God bring berusting,
daars ‘n rede,
vir die kinders se dood

Please share this...Email this to someonePrint this pageTweet about this on TwitterShare on Facebook

11 Comments

  1. Ek het daardie oggeng gehuil en my ma gevra of ek by die huis kan bly sy het eers gedink ek het nie my huiswerk gedoen nie maar ek het gesmeek om tuis te bly sy het ingestem, ons het in Triomf gewoon en ek was in std 6D saam met Charl Strydom wat een van my vriende was asook Hendrik Dreyer en Conraad v d Westuizen. Dit was ons bus ek reken die Here het my nog langer gespaar want ek sou ook daai dag onder in daardie bus gesit het ek mis hulle baie en ek dink baie daaraan. Hoekom moes ek daardie dag by die huis gebly? Vernon Nel

    • Ek sal die naam William Horn nooit vergeet vir solank ek leef nie.

    • Liewe Vernon, die Here jou gespaar, wees so dankbaar daarvoor en geniet die lewe en die tyd en mense wat HY vir jou gegee het! Moenie verder vra hoekom jy gespaar is en jou dierbare vriende nie. Dit is so verskriklik hartseer dat hul moes weggaan en dat ons agtergebly het, maar die besluit was nie ons s’n om te maak nie. Glo en vertrou dat die Here en ook al jou maats wat daardie dag omgekom het, sou wou he dat jy die lewe geniet en die absolute meeste daarvan moet maak. Elke geleentheid wat jy kry aan te gryp met ywer en nie oomblik se tyd verder laat verbygaan om te wonder hoekom nie. Hulle sou dit vir jou wou he en hulle sal vir altyd in ons harte aan bly leef. Wees bly dat jy n geleentheid gehad het om hulle te leer ken en dat hul jou lewe ook so kon verryk.

  2. Bernhard Becker

    Ek was een van die redders en n duiker wat kort na die bus in die water gestort het. Dis n dag wat my nooit sal ontgaan nie. Die blydskap as een van die kinders geleef het na redding en die seer hartseer van die wat ons uitgehaal het maar gesterf het. Ons moes daardie dag hard sluk maar moes net aangaan om later net die oorledenis te berg.Toe die bus in die water was kon ek duidelik hoor die bus klok wat aanhoudend gelui het. Die is eers stil gemaak toe die bus uyt die water geberg is. Dit was soos n treurige kerk klok wat oor die ramp gelui het. Die roudiens en begrafnis was vir my die moelikste om te beleef.

    • Baie dankie Bernhard vir al jul harde werk en moed op die dag. Ek verstaan en besef dat dit nie net ons as oorlewenes en gesinne is wat die trauma van die dag ervaar het nie, maar ook julle as reddingswerkers. En ook hoe dit jul lewens aangeraak het vir altyd. Ons is as n gemeenskap en land ook aangeraak deur die dag. Dankie vir al die wat jul gered het en die wat jul probeer red het, dit was in niemand se hande om dit anders te laat gebeur het nie. Mag jy berusting he dat jy wel n “hero” was die dag vir ons.

  3. Marietjie Jonker Le Hanie Sykes

    Ek was in Vorentoe in 1971 my laaste jaar. Ek was saam met die kinders wat gesterf het in die busramp se broers en susters in die skool, dit was ‘n baie tragiese dag, ons was daar toe hulle kinders uit geduik het, dit was die hartseerste ramp ooit. Sal dit nooit vergeet nie. R.I.V aan almal wat gesterf het in die bus ramp, en aan elkeen van hulle se gesinne – ons dink aan julle almal en wat julle deur gegaan het. Sterkte in Jesus se Naam !!!!!!

  4. Marinda Naude

    Ek was nie in Vorentoe nie…was toe nog te jonk. Maar die hartseer en ontsteltenis waarmee my ouers my van die ramp vertel het, is tot vandag toe met my. Ons het die aand daarna gery en gesien hoe die duikers nogsteeds soek na enige oorlewendes. Dit was ‘n harsteer stil gebeurtenis wat ons daar omvou het. Maar ja vandag is hulle HUIS toe…ons Vader se Huis toe.

  5. Ek was in Std 6 op daardie verskriklike dag. Ons het in die tweede huis reg oorkant die skool se hoof ingang gebly. Ek was skaars by die huis toe ek n helikopter laag oor die huis hoor, en die foon lui met Marius Pienaar wat vir my se die bus is in die dam. Ek was maar net daardie een jaar in die skool, maar daardie dag volg my tot vandag toe. Ek leef al n klomp jaar in Kanada en Vorentoe se 1985 eindjaar boek is in my rak. Ek vind dat ek nou en dan staan en staar na al die fotos van die “Blomme wat die Liewe Vader daardie dag gepluk het”. Die uitlees van al die kinders se name in die skoolsaal sal ek nooit ooit vergeet nie, en elke keer as ek so na die eerste lente blomme staar in die tuin, dan dink ek aan daardie dag. Na elke koue grou winter met baie sneeu en ys, kom dieselfde blomme weer op. Elke keer. My hart gaan uit na ieder en elk wat deur daardie donker dag direk of indirek geraak is, waar ons ook al mag wees op hierdie aarde.

  6. Ek as oud Vorie kry nog baie trane in my oe as ek dink aan die dag, ek het by die Beeld gewerk, vars uit die skool en ek is ingeroep na my bestuurder se kantoor, “wat het ek gedoen” het ek gewonder, Barbara se oe was rooi van huil en almal het draaie om my geloop, wat gaan aan het ek gevra, “ons het nie goeie nuus vir jou” die boodskap plein en simple, wat wou ek weet, my ma, pa, my broer, nee daar is ‘n skoolbus vol kinders van Vorentoe in die dam in, ek was verpletter ek ken mos kinders op al daai busse wat daai roete loop. Plein was die boodskap, daar is nie tyd vir trane, jy moet die joernaliste gaan help met die storie want jy ken mos die mense, die kinders, die ouers, die onderwysers………daardie dag het ek geleer dat sensasie op ‘n ander se ongeluk berus, ek kon nie nugter dink nie, ek ken hulle soos hulle name deurkom onthou ek, want nog net November het ons almal onder die bome gesit en klets. Ons almal mater julle rus in vrede, ons verstaan nie, maar eendag wanneer ons God sien sal Hy vir ons antwoorde he. Rus in vrede vriende, en aan die ouers, gemeenskap, families en vriende, ons almal het seer oor daar die dag in 1985 wat ons lewe verander het, maar ons Hoop is in die Here van die hemel en aarde.

  7. Corlie Bouwer (van Niekerk)

    Ek was in std 8 daardie jaar en sal nooit vergeet hoe ek daardie laatmiddag Caroline Brown se mammie geskakel het om uit te vind of sy veilig tuis gekom het nie- haar antwoord was dat Caroline nie weer na haar aardse huis sal terugkeer nie. Daardie dag het ek onomwonde geweet dat ‘n leerskare engele ons maats HUIS toe begelei het.

  8. Al het ek nooit enige geken van die betrokkenes nie het ek daardie dag gehad wat by die dam gewoon het. Ons het saam met hulle die vrese en gebede van die dae beleef. Dit was n hartseer tyd! Sterkte aan al die oorlewendes.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *