Removing the bus from the Westdene Dam

Nurses and police officers join bystanders as they wait for the bus to be lifted from the water.

 

Please share this...Email this to someonePrint this pageTweet about this on TwitterShare on Facebook

3 Comments

  1. Ek kan nie dink dat dit al sowaar so lank gelede plaasgevind het nie. Ek was ‘n onderwyser by Brixton Primary en ons was (soos elke ander doodgewone middag) besig om met die seuns sokker te oefen toe die eerste helikopter oor die skool gevlieg het.Alles wat daarna gebeur het voel soos ‘n rillerverhaal wat deur iemand anders geskryf was. Alhoewel ons nie self betrokke was by enige van die gebeure nie kan ek nog onthou hoe die berigte oor die TV en in die koerante ons almal laat regop sit het. Ek is in daardie selfde jaar getroud en my vrou was ook ‘n oudleerling van Vorentoe. Van my kant af wil ek net vir al die familielede en gesinne sowel as maats wat betrokke was se dat alhoewel alles op daardie dag onherroeplik verander het dat ek hoop dat daar berusting in elkeen se gemoed gekom het. Mag die tragedie wat plaasgevind het ter syde gestel word en mag almal wat gesterf het se beste herinneringe voortleef. Mag elkeen se nagedagtenis kosbaar wees.

    • Ek is Peet Fourie nou 62 jaar en het my pragtige vrou vandag vertel van die ongeluk en is weer in trane, sy is net 33jaar oud en in trane saam met my. Ek was een van die eerste mense in die dam en het gesien en beleef wat n mens nie wil beleef nie. Ek kon net 3 gered het want binne sekondes het die water verander in n skool sardiens met mense.
      Jy moes red en jy het gehuil geskreeu. N dag wat niemand ooit wil beleef nie. Ek wil net vir die ouers se, ek wou met alles in my so graag nog 42 wou red en is so jammer ek kon nie dit reg kry nie. Die mense wat daar was ek was die lang gat man wat al sy klere uit geruk het en net met my onderbroek in en uit die water was en mense vas gegryp het en saam met hulle geskree en gehuil het toe ons nie 100 persent sukses vol kon wees nie. My trane hardloop nou nog baie vir die famielies en weereens sterkte vir almal. Lief julle almal baie. Peet

      • Baie dankie Peet vir alles wat jy vir ons gedoen het. Dis mense soos jy wat wel n verskil gemaak het, onthou dit altyd. Ons sal hul altyd mis en onthou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *